# Die Gautengse regering verwelkom die daling in 12 van die 17 misdaad-kategorieë, maar sê geweldsmisdaad moet meer aandag kry. Die provinsie het tussen Julie en September een-duisend-418 moorde, twee-duisend-235 seksuele oortredings en meer as tien-duisend-500 gevalle van roof met verswarende omstandighede aangemeld. Woordvoerder Elijah Mhlanga sê elke lewe wat geneem word, is een te veel. Hy vra beter intelligensie-geleide polisiëring, beter gekoördineerde wetstoepassing, en strenger optrede teen geslagsgeweld en georganiseerde misdaad:
Gautengse regering verwelkom afname in misdaad [KLANK]
ENG-MhlangaOnCrime