# Rugby: Die Blitsbokke se sleutelspeler, Selvyn Davids, gaan volgende naweek in sy 50ste HSBC Sewestoernooi by die Sevens-stadion speel na hy by die groep van 13 spelers ingesluit is wat Maandag na Dubai vertrek. Blitsbok-hoofafrigter Philip Snyman het twee nuwelinge by die groep ingesluit. Die voormalige Junior Springbok-vleuel, JC Mars, is as ‘n agterspeler ingesluit, terwyl Van Reenen Kruger, die buitesenter van Tuks, onder die voorspelers tel. Davids, wat tot dusver in sy loopbaan 793 punte aangeteken het, het sy debuut in die 2016/17-seisoen in Hongkong gemaak.
Rugby: Davids in 50ste wedstryd, twee nuwelinge in Blitsbokke se groep vir Dubai