# Die teregstelling van ‘n veroordeelde moordenaar in Texas het nuwe vrae laat ontstaan oor dodelike inspuitings nadat gevangenispersoneel gesukkel het om ‘n aar te kry. Die 70-jarige Reinaldo Dennes is Donderdag tereggestel vir die moord op ‘n diamanthandelaar van Houston in 1996. Die proses het 63 minute geduur, voor mediese personeel uiteindelik are in sy linkervoet en nek kon kry. Dennes het herhaaldelik uitgeroep van die pyn en gesmeek dat sy lyding verby moet wees. Gevangenisbeamptes sê die regte prosedure is gevolg, maar ‘n ooggetuie het die teregstelling as ‘n geknoei beskryf.
Amerikaanse teregstelling duur langer as ‘n uur te midde van berigte van pyn