# Rugby: Die Springbokke se sportsielkundige tydens 2007 se Wêreldbekertoernooi, Henning Gericke, beskryf hoofafrigter Rassie Erasmus se skorsing van ses wedstryde as manna uit die hemel voor volgende jaar se toernooi in Australië. Erasmus word nie toegelaat by die Bokke se volgende twee Nasieskampioenskaps-toetse of volgende jaar se eerste vier kragmetings nie. Die skorsing eindig kort voor die Wêreldbeker. Gericke glo sulke onvoorsiene omstandighede is voordelig in die opbou tot die toernooi, waar spanne probleme en situasies moet oorkom waaroor hulle nie beheer het nie.
Rugby: Sportsielkundige sê Rassie se skorsing kan wonderlik wees vir die Bokke