Skip to content

March and March-aktivis Nsibande se parool word teruggetrek

# Die Korrektiewe Toesig- en Paroolraad het die March and March-aktivis Wandile Nsibande se parool teruggetrek nadat hy betrokke was by betogings teen onwettige immigrante in Durban. Hy is in Maart 2022 vrygelaat nadat hy ʼn deel van sy vonnis van 25-jaar uitgedien het nadat hy in 2009 ʼn onderwyser van Chatsworth ontvoer en beroof het. Die departement sê daar is ook ʼn aanrandingsklag teen hom wat na bewering gepleeg is terwyl hy op parool was. Nsibane sal terugkeer tronk toe om die res van sy vonnis uit te dien.