# Rugby: Die agsteman Ollie Leatherbarrow kry sy eerste kans in Skotland se opdrafspan in môre se Nasieskampioenskaps-wedstryd teen Japan in Edinburgh. Afrigter Gregor Townsend het tien veranderings aangebring aan die span wat Australië ‘n week gelede 15-12 geklop het. Leatherbarrow het toe sy buiging vir sy land gemaak van die bank af. Die flank Rory Darge sal Skotland aanvoer nadat die senter Sione Tuipulotu beseer is, en die losskakel Finn Russell kry ruskans en word vervang deur Tom Jordan. Afskop op Murrayfield is môremiddag tien oor vier.
Rugby: Leatherbarrow begin op agsteman vir Skotland teen Japan