# Krieket: Suid-Afrika is terug boaan die Wêreldtoetskampioenskaps-punteleer na sy oorwinning met nege paaltjies oor Bangladesj in die eerste toets op die Wanderers in Johannesburg. Die Proteas het nou ses van hulle agt toetse in die huidige siklus gewen en net twee verloor. Nieu-Seeland is nou tweede, Australië derde, Indië vierde en Bangladesj vyfde. Die Proteas sal na die reeks teen Bangladesj gasheer wees vir Engeland voor ‘n besoek aan Sri Lanka vir hulle laaste afspraak in die reeks.
Krieket: Proteas terug boaan die Wêreldtoetskampioenskaps-punteleer