# Rugby: Engeland se hoofafrigter, Steve Borthwick, het nege veranderings gemaak aan die span wat Japan verlede naweek 78-15 afgeransel het. Die heelagter George Furbank, die senter Seb Atkinson en die losvoorspeler Ollie Chessun keer almal terug na beserings vir môre se Nasieskampioenskap-wedstryd teen die All Blacks op Twickenham. Tommy Freeman, Fin Smith, Ben Curry en die voorry, Fin Baxter, Jamie George en Joe Heyes, is almal terug in die opdrafpsan. Die slot Maro Itojé voer Engeland aan, wat hoop op sy vyfde agtereenvolgende oorwinning.
Rugby: Engeland se afrigter maak nege veranderings vir wedstryd teen All Blacks