# Krieket: Die Protea-kaptein, Temba Bavuma, gaan die tweede en laaste toets in Centurion teen Bangladesj misloop terwyl hy van ʼn besering herstel. Hy het in die eerste toets op die Wanderers waar die Proteas met nege paaltjies gewen het, ʼn kuitspier verrek. Bavuma het die veld in Suid-Afrika se eerste beurt verlaat, maar teruggekeer vir ʼn onoorwonne 68. Hy het egter nie in Bangladesj se tweede beurt veldwerk gedoen nie. Hy sê dis te gou om te bepaal of hy fiks sal wees vir volgende maand se eendagreeks.
Krieket: Beseerde Bavuma nie beskikbaar vir tweede en laaste toets teen Bangladesj nie