Skip to content

Rugby: Kaptein Sheehan keer terug in ‘n nuwe posisie vir Ierland se kragmeting teen die Bokke

# Rugby: Ierland se hoofafrigter, Andy Farrell, sal kaptein Dan Sheehan môre in Dublin in die Nasieskampioenskap-kragmeting teen die Springbokke verskuif na nommer agt. Die 28-jarige haker, wat terugkeer nadat hy van harsingskudding herstel het, sal saam met die flanke Ryan Baird en Josh van der Flier in die agterry uitdraf. Sam Prendergast behou sy plek as losskakel nadat ‘n aanklag teen hom, weens ‘n sogenaamde heup-valduikslag, Woensdag van die hand gewys is. Hugo Keenan speel môre sy 50ste toets vir Ierland.