# Atletiek: Die heersende marathon-wêreldkampioen, Peres Jepchirchir, is vir drie jaar geskors weens opkikkeroortredings. Die 33-jarige het in 2021 Olimpiese goud gewen en die Atletiek-integriteitseenheid het hom verlede maand voorlopig geskors nadat ‘n monster positief getoets het vir ‘n opkikker. Sy is een van drie hoëprofiel-Keniaanse atlete wat gestraf is. Veronica Loleo is ook vir drie jaar geskors nadat sy erken het sy het EPO gebruik, terwyl Ronald Korir ‘n skorsing van ses jaar opgelê is nadat hy nie afwykings in sy biologiese paspoort kon verduidelik nie.
Atletiek: Wêreld-marathonkampioen Jepchirchir vir drie jaar geskors weens opkikkers