# Krieket: Spel is onderweg op die Wanderers in Johannesburg, waar die Proteas op pad is na ‘n oorwinning oor Bangladesj op die laaste dag van die eerste toets. Die besoekers het hulle tweede beurt op 100 vir vyf hervat en veg om oorlewing na ‘n eerstebeurt-agterstand van 157 lopies na Suid-Afrika se puik 557. Die veterane Litton Das en Mushfiqur Rahim het vroegoggend 12 lopies bygevoeg om die agterstand tot 45 te laat krimp, terwyl die Proteas vyf paaltjies kort om die wedstryd te beklink.
Krieket: Proteas in beheer op laaste dag van eerste toets teen Bangladesj