# Die EFF eis die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, se onmiddellike bedanking nadat die Hooggeregshof in Pretoria dele van die tender van 15,5-miljard-rand vir anti-retrovirale middels onwettig en ongrondwetlik verklaar het. Die parlementslid Naledi Chirwa, het Motsoaledi tydens ‘n vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee oor Gesondheid beskuldig dat hy versuim het om op te tree nadat kommer in Februarie uitgespreek is. Die department moet die saak binne 120 dae heroorweeg. Die EFF vra ondersoeke deur die Spesiale Ondersoekeenheid en die Mededingingskommissie en die ononderbroke voorsiening van die middels.
EFF vra Motsoaledi se bedanking oor tender van R1.5-miljard