Skip to content

Sokker: Diallo kry ook Duitsland se steun om te staan vir FIFA se presidentskap

# Sokker: Die president van Frankryk se beheerliggaam, Philippe Diallo, het ook Duitsland se steun bekom om in Maart te staan vir FIFA se presidentskap. Die Europese liggaam, UEFA, het Maandag sy steun vir die 63-jarige bevestig om die huidige president, Gianni Infantino van Switserland, uit te daag. Die hoof van Duitsland se beheerliggaam, Bernd Neuendorf, sê Diallo het ‘n verantwoordelike benadering en is vasberade om die sport se uitdagings te pak. Tottenham se voormalige verdediger, Ramon Vega, en Kozo Tashima van Japan is ook in die wedloop.