Skip to content

Tennis: Barty voel beskeie om by legende in heldesaal aan te sluit

# Tennis: Die gewese wêreld-nommer-een, Ash Barty van Australië, voel beskeie om in Augustus volgende jaar by legendes aan te sluit in die heldesaal. Dit sluit beroemdes soos haar landgenoot Margaret Court, die Switser Roger Federer en die Amerikaner Billie Jean King in. Barty het in 2021 onverwags uitgetree op 25 nadat sy op Wimbledon haar derde Grand Slam-titel verower het. Sy sê sy was nog nooit spyt sy het besluit om op haar gesin te fokus nie, en daar is geensins ‘n kans dat sy eendag sal terugkeer nie.