Skip to content

Herman Mashaba ondersteun Malema se lastersaak teen Zille

# ActionSA-leier Herman Mashaba ontken dat die EFF-leier Julius Malema sy politieke invloed misbruik het om by munisipale tenders in Johannesburg in te meng. Malema dagvaar die DA se federale voorsitter, Helen Zille, nadat sy onder meer beweer het hy het City Power gekaap, die vloot-tender beïnvloed en opdrag gegee dat Shadrack Sibiya as hoof van die teenkorrupsie-eenheid aangestel word. Sy beweer dit het plaasgevind tydens Mashaba se burgemeesterskap van 2016 tot 2019. In ʼn aanvullende verklaring in die Gautengse Hooggeregshof ontken Mashaba al Zille se bewerings. Die saak word volgende Dinsdag aangehoor.