# Die MK-party het sy eerste burgemeester, Reggie Ngcobo, verkies ná sy volstrekte meerderheid in die Richmond plaaslike munisipaliteit in KwaZulu-Natal. Die munisipaliteit is die eerste om deur ʼn ANC-splinterparty regeer te word nadat MK aan sy eerste munisipale verkiesing deelgeneem het. Die MK-party het tien van die 17 setels gewen en die ANC vyf. Ngcobo is gister tydens die munisipaliteit se eerste raadsvergadering eenparig verkies. Joyce Ndleleni is onderburgemeester en Derrick Thompson is verkies as speaker van die raad.
MK-party kies eerste burgemeester met ‘n volstrekte meerderheid in Richmond-munisipaliteit