# Tientalle ontwortelde Palestyne moes uit hulle tente en skuilings naby die Nuseirat-vlugtelingkamp in sentraal-Gaza vlug toe Israel ‘n ongekende grond-operasie uitgevoer het in die gebied waaraan na verlede jaar se skietstaking onttrek is. Die optrede is volgens berigte die eerste om die Geellyn oor te steek wat die grens tussen Israelse en Hamas-beheer aandui sedert die skietstaking. Die Israelse Weermag sê die geteikende aanval was gemik op Hamas se infrastruktuur wes van die lyn. Hamas bestempel dit as ‘n gevaarlike toename in vyandighede.
Israelse Weermag voer grond-operasie in sentraal-Gaza uit