# Die taakspan oor politieke moorde in KwaZulu-Natal het ʼn verdagte gearresteer in verband met die moord op die MK-party se Ugu-streeksorganiseerder, Lastborn Thobelani Shazi. Die 44-jarige Shazi, wat die party se verteenwoordigende kandidaat was in Wyk 18 van die Umzumbe plaaslike munisipaliteit, is op 2 November by sy huis in Mtwalume vermoor terwyl hy besig was met ʼn virtuele politieke vergadering. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê verdere ondersoeke verbind die verdagte met die sameswering en moord op die vermeende huurmoordenaar wat by Shazi se moord betrek is:
KZN-taakspan oor politieke moorde behaal deurbraak in moordsaak van MK-party se streeksorganiseerder [KLANK]
ENG MatheOnMurderCase