Skip to content

Kommissaris vir Swart Ekonomiese Bemagtiging vra vir ‘n gebalanseerde begrip oor ekonomiese transformasie

# Die kommissaris vir Swart Ekonomiese Bemagtiging, Tsediso Matona, vra ’n meer ingeligte en gebalanseerde begrip van transformasiebeleide in Suid-Afrika. Tydens ’n mediabespreking, wat in samewerking met die Black Management Forum gehou is, het Matona gesê swart ekonomiese bemagtiging moet onderhewig bly aan deeglike ondersoek en openbare debat. Hy waarsku daarteen om die beleid uitsluitlik met korrupsie en onreëlmatighede in verkrygingsprosesse te verbind. Hy beklemtoon daar moet ook aandag geskenk word aan suksesverhale oor klein ondernemings, vaardigheidsontwikkeling en verhoogde ekonomiese deelname deur vroue en jongmense.