Skip to content

NOK uitvoerende hoof Mmakgoshi Lekhethe verlaat organisasie in Februarie

# Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie het ‘n wedersydse beëindigingsooreenkoms met sy uitvoerende hoof, Mmakgoshi Lekhethe, bevestig. Sy sal die organisasie op 28 Februarie 2027 verlaat om ander belange na te volg. Lekhethe het in Desember 2024 die NOK se eerste vroue- uitvoerende hoof geword. Die hoof van Risikobestuur, Mpho Kubelo is as tussentydse uitvoerende hoof aangestel. Hierdie ontwikkeling volg nadat die staatsfinansieringsinstelling ‘n verlies van 4,7-miljard-rand vir die 2025/26-boekjaar verklaar het, vergeleke met ‘n wins van 329-miljoen-rand die vorige jaar.