Skip to content

Krieket: Proteas hoop op goeie eerstebeurt-voorsprong op vierde dag van eerste toets teen Bangladesj

# Krieket: Suid-Afrika hoop om ‘n goeie eerstebeurt-voorsprong op Bangladesj te bou op die vierde dag van die eerste toets op die Wanderers. Die Proteas het vanoggend op 386 vir sewe hervat nadat reën spel gister ontwrig het – ‘n agterstand van 14 lopies na Bangladesj se 400. Ryan Rickelton het die beste bydrae met die kolf gelewer. Bangladesj is gretig om die gasheer te beperk en ‘n uitslag te probeer afdwing, hoewel nog reën vanmiddag vir die Hoëveld voorspel word.