# Rugby: Dertien spelers het hulle kontrakte met die Stormers verleng, elf van hulle tot 2029 en daarna. Dit sluit die Springbok-stut Ntuthuko Mchunu en die slot JD Schickerling in, asook die opwindende jong losskakel Yageen Ahmed, wat vir die Bokke se Europese toer gekies is, maar moes terugkeer met ‘n skouerbesering. Die direkteur van rugby, John Dobson, sê hy het beduidende speler-diepte nodig om die mikpunt te haal om teen 2029 een van die wêreld se voorste klubs te wees.
Rugby: Dertien spelers verleng hulle kontrakte met die Stormers