# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het die aanstelling van generaal-majoor Eric Zanoxolo Mnisi as die nuwe militêre ombud verwelkom. Mnisi se termyn het op 15 November in werking getree, en hy sal klagtes deur huidige en voormalige militêre lede, asook die publiek, ondersoek en waar nodig korrektiewe stappe aanbeveel. Hy was voorheen die hoof van die weermag se regsdienste. Die SANW sê hy hoop Mnisi se aanstelling sal aanspreeklikheid, deursigtigheid en goeie bestuur binne die weermag versterk.
SANW verwelkom aanstelling van nuwe militêre ombud