Skip to content

Sokker: Infantino het drie teenstanders in die stryd om FIFA se presidentskap

# Sokker: FIFA se president, Gianni Infantino, het drie uitdagers wanneer hy in Maart ‘n vierde termyn wil inpalm. UEFA het sy steun toegesê aan die president van die Franse Sokkerfederasie, Philippe Diallo. Die voormalige Switserse internasionale speler Ramon Vega en Kozo Tashima van Japan gaan ook staan. Infantino het kritiek verduur oor sy leierskap en ’n mislukte plan om privaat beleggers by FIFA se kommersiële bedrywighede te betrek, maar geniet steeds sterk steun uit Afrika, Asië en Suid-Amerika. Die verkiesing vind op 18 Maart in Marokko plaas.