Skip to content

VF Plus bekommerd oor ’n styging van R1,35-miljard in die koste van Vrystaatse projekte

# Die Vryheidsfront Plus sê die koste van 15 geouditeerde infrastruktuurprojekte in die Vrystaat het byna verdubbel vanaf 1,5-miljard-rand tot 2,8-miljard-rand. Dit volg op die kansellering van kontrakte nadat kontrakteurs versuim het om die werk te voltooi. Die ouditeur-generaal het aan die lig gebring dat 94-persent van die geouditeerde projekte bykomende koste meegebring het, terwyl 1,6-miljard-rand reeds aan die oorspronklike kontrakteurs betaal is. Armand Cloete van die party sê die provinsiale regering het versuim om teen die kontrakteurs op te tree.