# Gholf: Die Amerikaner Bryson DeChambeau gaan volgende seisoen aan die DP World-toer deelneem na LIV Golf se ineenstorting. Die tweemalige Amerikaanse Ope-kampioen het Kategorie Een-lidmaatskap ontvang omdat hy die Ope in 2024 gewen het. Ander voormalige LIV-spelers, waaronder Jon Rahm, Tyrrell Hatton en Sergio Garcia, keer ook terug na die Europese reeks. Dustin Johnson en Cameron Smith het ingestem om aan uitgesoekte toernooie deel te neem. Daar word verwag DeChambeau gaan volgende maand aan die Nedbank-uitdaagtoernooi op Sun City in Noordwes deelneem.
Gholf: DeChambeau sluit aan by DP World-toer ná ineenstorting van LIV Golf