Skip to content

Krieket: Reën beëindig spel op die derde dag op die Wanderers

# Die Proteas sal op die vierde dag van die eerste toets teen Bangladesj hervat met sy telling op 386 vir sewe, na reën en donderstorms vandag spel gestaak het. Suid-Afrika is steeds 14 lopies agter Bangladesj se eerstebeurt-totaal van 400. Ryan Rickelton is onoorwonne op 56, en Kagiso Rabada op vyf. Kaptein Temba Bavuma het met sy telling op 49 die veld weens ‘n kuitbesering verlaat, maar daar word verwag dat hy weer sal kolf. Die weer het spel ná middagete op die derde dag in die wiele gery.