# Oekraïne sê hy het die strategiese brug wat die besette Krim met Rusland verbind, erg in ‘n grootskaalse missiel- en hommeltuigaanval beskadig. Die aanval vroeër vandag was die tweede binne twee dae, en beeldmateriaal toon hoe ‘n deel van die padgedeelte in die Seestraat van Kertsj ineenstort. Die spoorlyn is ook beskadig. Russiese owerhede sê twee mense is dood en die brug is gesluit. Rusland het uit weerwraak twee groot brûe in Kiëf getref, wat krag- en wateronderbrekings veroorsaak het. Die aanvalle volg te midde van ‘n toename in wedersydse aanvalle op infrastruktuur.
Oekraïne beskadig strategiese Krim-brug in grootskaalse aanval