Skip to content

Suid-Korea stel streng maatreëls in teen eksamenbedrog

# Suid-Korea het veiligheidsmaatreëls vir sy universiteitstoelatingseksamen verskerp na grootskaalse eksamenbedrog aan die lig gekom het waarby versteekte kameras en kunsmatige intelligensie betrokke was. Bykans 550-duisend leerders sal na verwagting Donderdag eksamen aflê. Beamptes sal knope, krae en brille nagaan vir versteekte kameras of slimtoestelle, en elektroniese toestelle is verban. Meer as agt-duisend bykomende inspekteurs is ontplooi. Die regering stel ook ‘n verbod van tien-jaar voor vir enigiemand wat betrap word as hulle kul. Die huidige straf is een jaar.