# Vyf mense is dood en 17 baie ernstig beseer in ‘n botsing tussen ‘n minibus-taxi en ‘n ander voertuig naby Marken in Lephalale, Limpopo. Die botsing het in die Waterberg-distrik plaasgevind. Die beseerdes is na nabygeleë hospitale geneem. Die woordvoerder van die provinsiale Verkeersafdeling, Tshifhiwa Dali, sê voorlopige berigte dui daarop dat een van die bestuurders die ander voertuig teen ‘n hoë spoed het teen ‘n blinde hoogte verbygesteek het. Die LUR Grace Kekana het meegevoel met die slagoffers se naasbestaandes betuig en die beseerdes spoedige beterskap toegewens.
Vyf sterf, 17 bedenklik na botsing in Lephalale, Limpopo