Skip to content

Nvidia sê Jensen Huang kan nie terugkeer nie ondanks groeiende veldtog daarvoor

# Nvidia se raad het Jensen Huang se heraanstelling as uitvoerende hoof uitgesluit ondanks ‘n groeiende veldtog daarvoor. Meer as 180-duisend mense het ‘n aanlynversoekskrif onderteken, onder wie Elon Musk en die hoof van Epic Games, Tim Sweeney. Die Amerikaanse president, Donald Trump, steun ook die idee. Die raad sê egter dit sal nie gebeur terwyl ondersoeke voortduur na beweerde werksplek-liefdesverhoudings en vermeende Chinese intelligensie-bande nie. Finansiële hoof Colette Kress neem waar terwyl ‘n nuwe hoof gesoek word.