# Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee op die Polisie, Ian Cameron, vra vir beter polisie-intelligensie en doeltreffende vervolging na twee massamoorde in Gauteng en KwaZulu-Natal. Nege mense is in ‘n plakkershut in Jessville, Pretoria, dood aangetref en agt mans is in ‘n voertuig in Sweetwaters in Pietermaritzburg doodgeskiet. Albei voorvalle het Sondag plaasgevind. Cameron is ook bekommerd oor kinders en ander ooggetuies wat blootgestel is aan traumatiese geweld en sê oortreders moet die ernstige gevolge dra.
Cameron vra vir beter polisie-intelligensie na massamoorde in KZN en Pretoria