Skip to content

Rusland onderskep meer as twee-duisend Oekraïnse hommeltuie

# Die Russiese leër sê hy het die afgelope 24 uur meer as twee-duisend Oekraïnse hommeltuie en vier Flamingo-langafstandmissiele onderskep en vernietig. Dit volg na verlede week se nuwe rondte vredesonderhandelinge in Abu Dhabi om die oorlog te probeer beëindig. Oekraïne sê sy vergeldingsaanvalle is geregverdig ná Rusland se missiel- en hommeltuigaanvalle op sy stede en energienetwerk. Vroeër die maand is 72 mense in twee kragtige Russiese bomaanvalle op ʼn hulpsentrum en ʼn skuiling in die suidelike Oekraïnse dorp, Kamyshuvakha, dood.