# Krieket: Die Indiese sakeman Jay Shah bly vir nog ‘n tweejaar-termyn aan as voorsitter van die Internasionale Krieketraad. Die seun van die land se magtige minister van Binnelandse Sake, Amit Shah, is onbestrede herkies en sal die sport se terugkeer na die Olimpiese Spele in Los Angeles in 2028 oorsien. Die 38-jarige Shah sê dis ‘n ongelooflike geleentheid om krieket aan nuwe gehore bekend te stel en ‘n nuwe geslag spelers en aanhangers te inspireer. Die sport se enigste vorige Olimpiese vertoning was in 1900 in Parys, Frankryk.
Krieket: Shah bly nog twee jaar aan as voorsitter van IKR