# Die DA sê politieke partye in munisipaliteite sonder besliste meerderhede moet ‘n redelike geleentheid kry om reëlings te onderhandel wat bestendige, toerekenbare bestuur kan oplewer. Die party beweer munisipale bestuurders belê reeds raadsvergaderings in owerhede waar geen party ‘n meerderheid behaal het nie. Die DA sê oorhaastige skedelurings in onbesliste rade kan regmatige koalisie-onderhandelings ontwrig en pogings ondermyn om bestendige munisipale regerings te vestig. Die party het die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, gevra om in te gryp.
DA sê oorhaastige raadsvergaderings in onbesliste munisipaliteite ondermyn koalisie-onderhandelings