Skip to content

Netanyahu se teenstanders eis ondersoek na bewerings dat sy personeel die verkiesing wou beïnvloed

# Israel se opposisieleiers vra ʼn strafregtelike ondersoek na bewerings dat eerste minister Benjamin Netanyahu se kantoor probeer het om die algemene verkiesing op 27 Oktober te beïnvloed. ’n Ondersoekende verslag deur Israel se Kanaal 12 beweer Netanyahu se stafhoof het die polisie op die vooraand van die verkiesing gekontak in verband met lede van die Arabies-Israelse Raam-party. Drie party-aktiviste is daarna gearresteer in verband met ʼn kontant-vir-stemme-komplot. Die polisie het bevind die bewerings is ongegrond en die drie is vrygelaat. Netanyahu se kantoor ontken die verslag en sê dis vals.