# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus het ingrypende veranderinge aan sy groep aangebring vir Saterdag se sesderonde-Nasieskampioenskapswedstryd teen Ierland in Dublin. Die veteraan Eben Etzebeth sal die nommer vier-trui dra en is een van vyf veranderinge aan die beginspan wat teen Frankryk verloor het. Kaptein Siya Kolisi, Cameron Hanekom en Pieter-Steph du Toit is die losvoorspelers, terwyl Ox Nché, Malcolm Marx en Wilco Louw na die voorry terugkeer. Daar is sewe veranderings op die bank. Afskop op die Aviva-stadion is Saterdagaand twintig-voor-sewe.
Rugby: Erasmus maak ingrypende veranderings aan die Bokspan vir die kragmeting met Ierland