# Rugby: Ierland kan gedwing word om ‘n ander losskakel te kies vir Saterdag se Nasieskampioenskapswedstryd teen Suid-Afrika in Dublin nadat Sam Prendergast uitgewys is. Hy het na bewering ‘n onwettige duikslag uitgevoer op Fidji se agsteman, Peceli Yato, tydens die afgelope naweek se kragmeting op die Aviva-stadion. Yato het kort daarna ‘n drie gedruk voor hy die veld moes verlaat. Prendergast moet voor ‘n tugkomitee verskyn. Afrigter Andy Farrell kan besluit om die nommer tien-trui aan Ciaran Frawley of Jamie Benson toe te vertrou.
Rugby: Ierse losskakel uitgewys oor onwettige duikslag op Fidji se agsteman