# Die DA het ‘n stel beginsels en prioriteite vir koalisieregerings gepubliseer, wat bestendige en verantwoordbare plaaslike rade bepleit. Die partyleier, Geordin Hill-Lewis, sê die voorstelle fokus op die bekamping van korrupsie, aanstellings op meriete, verantwoordelike bestuur van openbare fondse, en die verbetering van dienslewering. Hill-Lewis sê ander prioriteite sluit in betroubare water en elektrisiteit, beter infrastruktuur, veiliger gemeenskappe, behuising en werkskepping. Hy wil hê koalisie-ooreenkomste moet onderteken en bekend gemaak moet, sodat inwoners politieke partye aanspreeklik kan hou.
DA publiseer koalisiebeginsels om bestendige plaaslike regerings te verseker