# Tennis: Alejandro Davidovich Fokina sal Spanje se veldtog in die Davisbeker-eindtoernooi misloop weens ‘n knaende rugbesering. Die wêreld-nommer-16 is in die span ingesluit saam met Carlos Alcaraz, Rafael Jodar, Pedro Martinez en Marcel Granollers, maar sal nou deur Daniel Merida vervang word. Die besering het Davidovich Fokina twee maande lank op die kantlyn gehou voordat hy in September teruggekeer het. Hy sê dis beter om ‘n veeleisende seisoen vroeër te beëindig sodat hy op sy herstel kan fokus. Die Davisbeker-eindtoernooi begin die 24ste in Bologna, Italië.
Tennis: Davidovich Fokina nie meer deel van Spanje se Davisbeker-span nie