# Rugby: Die Springbokke is tans tweede op die Nasieskampioenskap se suidelike halfrond-punteleer en het Saterdag ‘n goeie oorwinning oor Ierland nodig om die eerste-geplaasde All Blacks verby te steek en om vir die titel te speel in volgende naweek se eindronde op Twickenham. ‘n Bonuspunt-oorwinning in Dublin sal ideaal wees, terwyl die Bokke ook ‘n hupstoot sal kry as Engeland Nieu-Seeland hierdie naweek ‘n oorwinning of ‘n bonuspunt ontneem. Die spanne wat in die eerste tot sesde plek op die halfrond-punteleer eindig, speel in Londen teen die ooreenstemmende span van die ander halfrond.
Rugby: Bokke het bonuspunt-oorwinning oor Ierland nodig en hoop Engeland klop All Blacks