# Die Mexikaanse dwelmbaas Miguel Ángel Félix Gallardo, wat die Guadalajara-kartel gestig het, is op 80-jarige ouderdom in die hospitaal dood, volgens berigte weens veelvuldige orgaanversaking. Félix Gallardo, wat bekend gestaan het as die meesterbrein van moderne dwelmhandel in Mexiko, is in 1989 tot 40 jaar tronkstraf gevonnis vir dwelmhandel en wapenoortredings. Hy is ook skuldig bevind aan die ontvoering en moord op ‘n agent van die Amerikaanse agentskap vir dwelmbeheer, Enrique Camarena, en ‘n Mexikaanse vlieënier in 1985, en tot ‘n verdere 37-jaar tronkstraf gevonnis.
Mexikaanse dwelmbaas Miguel Ángel Félix Gallardo sterf op 80