# Die burgerregte-beweging, NotInMyName International, besoek vandag die Laerskool Oost-Eind in Pretoria. Dit volg na bewerings dat ‘n graad een-leerder verlede week in ‘n afknouery-voorval herhaaldelik geslaan en gekrap is, haar skooldrag geskeur en haar hare geknip is. Haar ma sê sy het die voorval herhaaldelik aangemeld, maar haar klagtes het op dowe ore geval. Woordvoerder, Boitumelo Thage, sê hul eis onmiddellike beskerming vir die leerder en regstappe om haar reg op menswaardigheid, veiligheid en beskerming teen geweld te handhaaf.
NotInMyName eis optrede ná beweerde mishandeling van graad 1-leerder in Pretoria