Skip to content

Zelensky waarsku Starshield-beperkings bedreig energieverdediging in Oekraïne

# Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, waarsku beperkings op die Starshield-satellietkommunikasiestelsel kan lugverdediging rondom energie-infrastruktuur in Kiëf verswak. Dié militêre weergawe van Elon Musk se Starlink-netwerk, wat die Amerikaanse regering aan Oekraïne verskaf, word gebruik om missiele en hommeltuie in Kiëf se lugruim af te skiet. Zelensky sê Oekraïne sukkel tans om Russiese straalaangedrewe hommeltuie wat kragsubstasies teiken af te weer, weens beperkings op Starshield se werkspoed. Rusland het oor die naweek kraginfrastruktuur in Zaporizjzja, Soemi, Odesa, Zjitomir en Kirowohrad geteiken.