# Die ANC se nasionale onderhandelingspan, onder leiding van sy sekretaris-generaal Fikile Mbalula, het gister met die DA, RISE Mzansi, die Africa Mayibuye Movement en die African Content Movement vergader. Koalisiegesprekke neem toe namate die sperdatum van 14 dae, waarbinne munisipaliteite moet ooreenkom om rade saam te stel, nader kom. Die ANC sê hy het die samestelling van munisipale rade en aangeleenthede oor gedeelde bestuur bespreek. Die party het die gesprekke as produktief beskryf, maar geen spesifieke koalisie-ooreenkomste is aangekondig nie. Hy hou vol dat hy sal streef na bestendige, deursigtige en verantwoordbare munisipale regerings.
ANC beskryf koalisiegesprekke met die DA, RISE Mzansi, Afrika Mayibuye en ACM as produktief