# Die Israelse Weermag het ‘n senior Hamas-bevelvoerder, Samir Mahmoud Abu Younis, doodgemaak. Hy was betrokke by die beplanning en toesig oor die aanval op Israel op 7 Oktober 2023. Hy is die afgelope naweek in Al-Mawasi, in die suidelike Gazastrook, dood. Die Israelse minister van verdediging, Israel Katz, sê die weermag gaan voort om Hamas-leiers in Gaza uit te skakel, en dat nog een nou by sy voorgangers in die “dieptes van die hel” aansluit. Hamas se militêre vleuel, die Al-Qassam-brigade, het Abu Younis se dood bevestig en dit as ‘n “lafhartige sluipmoord” bestempel.
Israel maak ‘n Hamas-bevelvoerder dood wat gehelp het om die aanval van 7 Oktober 2023 te beplan