# Suid-Afrika herdenk vandag die Wêrelddag ter Herinnering aan Verkeerslagoffers met die tema: Onthou. Ondersteun. Tree op. Die dag bring hulde aan diegene wat hul lewens in padongelukke verloor het, terwyl dit ook erkenning gee aan oorlewendes en bedroefde gesinne. Volgens statistiek het die aantal sterftes op die paaie gedaal van 12-duisend-172 in 2024 tot 11-duisend-485 in 2025. Die Padverkeersbestuurkorporasie doen ‘n beroep op motoriste om verkeerswette te eerbiedig, spoed te verminder, nie onder die invloed van alkohol te bestuur nie, en bedag te wees op voetgangers.
Suid-Afrika herdenk Wêrelddag ter nagedagtenis aan slagoffers van padongelukke