Skip to content

ANC verskerp koalisiegesprekke met ActionSA, IVP en BOSA

# Die ANC het koalisie-onderhandelinge verskerp en afsonderlike vergaderings met ActionSA, die Inkatha Freedom Party en Build One South Africa gehou. Die besprekings het gefokus op samestellings van munisipale rade, bestuursreëlings, dienslewering en vordering in munisipaliteite. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula sê die vergaderings vorm deel van breër gesprekke weens die party se afname in steun tot 30,76-persent. Die gesprekke vind plaas terwyl politieke partye onderhandel oor reëlings voor die nuwe raadsittings vir die 138 rade sonder ‘n volstrekte meerderheid.