Skip to content

Tennis: Andreeva deur na WTA-jaareind-toernooi

# Tennis: Die Russiese tiener Mirra Andreeva het Jessica Pegula van Amerika in skoon stelle geklop om die eindstryd van die WTA-jaareind-toernooi in Indian Wells te haal. Die 19-jarige is steeds onoorwonne en het in vier wedstryde nog nie ‘n stel afgestaan ​​nie. Sy speel môre in die eindstryd teen Elina Svitolina van Oekraïne, nadat die voormalige kampioen die Tsjeggiese speler Linda Noskova met 6-2, 6-1 in die ander halfeindstryd verslaan het. Andreeva het Svitolina in hul groepwedstryd ook geklop, maar met die titel op die spel, het die Oekraïner nou die kans om wraak te neem.